Theo Kleynhans » Playwright

Bloedsuiker
Bloedsuiker première by vanjaar se Aardklop kunstefees en is ‘n aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti /Aardklop Smeltkroesprys vir die skrywer wat die beste nuwe verhoogteks op die planke bring.

Pedro Kruger vertolk die rol van Hannes terwyl Petro van den Heever die rol van ‘n aktrise genaamd Bertha vertolk.

Die stuk gaan oor twee ou lovers wat op ‘n vreemde wyse vasgevang word in die stoorkamer onder die verhoog en dit is hier waar ‘n veel groter drama hom begin afspeel – kan selfmoord op Valetynsdag so anders uitdraai?

Bloedsuiker is n veelvlakkige produksie en mens is nooit seker of jy moet lag of huil nie. Daar is ook ‘n verrassingselement in die stuk wat tesame met die subteks sorg vir ‘n boeiende teaterervaring.

Soos die skrywer Theo Kleynhans dit verwoord, “Ek het probeer om ‘n teks te maak wat aan die een kant deur die deursnit teaterganger as goeie vermaak gelees sal word maar vir die meer ingeligte kyker ‘n spieël sal ophou oor waar kunstenaars in die hedendaagse Suid Afrika hulself bevind. So word die karakters en alles wat met hulle gebeur metafore van die toestand van die kunste en die mense wat daarmee besig is.”

Drie Tannies en ‘n Tert
Drie Tannies en ‘n Tert is die pennevrug van bekende Kaapse kunstenaar Theo Kleynhans. Kleynhans skryf sporadies vir die verhoog en bou met hierdie stuk voort op die vorige suksesse van tekste soos Ek ken hulle nie, Sit vir jou ‘n gesig op, Plotseling, papawers! en Die Lelike Man. Kleynhans het die vermoë om mense in alledaagse situsies vas te pen en om met gemaklike taalgebruik sy verskillende karakters onder die gehoor se vel te laat inkruip. Drie Tannies en ‘n Tert het by die Klein Karoo Kunstefees reeds op die tweede dag van die fees uitverkoop en by Aardklop was dit een van die min produksies wat reeds voor die fees uitverkoop het. Mense het tougestaan om die toneelstuk te sien en twee addisionele vertonings is ook vinnig  uitverkoop.

Kleynhans sê, “Dit slaan steeds my asem weg om haar op die verhoog te sien. Want al ken ek die karakters van binne en buite is die reikwydte van Petro se vermoë om vier vrouens in net meer as ‘n uur te vertolk verstommend. Sy is enige skrywer se fantasiefabriek! Om vir Janine Grobler as regisseur te hê maak die ervaring van my woorde op die verhoog soomloos.”

Janine Grobler is bekend in teaterkringe waar sy haarself reeds bewys het as aktrise en regisseur. Haar styl word gekenmerk deur fyn geskakeerde nuanse en niks wat die karakter doen op die verhoog is oorbodig nie. Sy kry dit ook reg in hierdie teks wat uit twee dele komedie bestaan en twee dele sterk drama om die oorhoofse balans te hou.

Drie Tannies en ‘n Tert vertel die stories van vier verskillende vroue. Die kleindorpse troubeplanner in Bruilof op Brakpan, die skemerkelk bestaan van ‘n middelklas huisvrou in Skottelgoed, die nimlike Charmaine in As seen on TV en die patos gepakte kleurlingvrou in Vanilla Choc Blues word almal vertolk deur Petro van den Heever. Sy verander van die een karakter na die ander sonder om die verhoog te verlaat en gee kleur aan die karakters met verskillende aksente, fyn kostuumveranderinge en ‘n minimalistiese stel. By die Klein Karoo Kunstefees het die cognoscenti na haar verwys as die nuwe Wilna Snyman omdat sy haar rolle van binne bewoon en sodoende oortuig met haar karakterisering.