© 2009 Theo Kleynhans
Intricate Flow

Intricate Flow

In die maalkolk van die lewe begin mens later net fokus op die prosesse. Binne die ewige ontginning, suiwering, inwinning en handel van mens se bestaan is dit maklik om jou menslikheid in te boet. Met hierdie werk wil ek die kyker herinner aan sy hart wat se vloei net so verwikkeld is en ook koestering verdien.