© 2009 Theo Kleynhans
Transcendental Flight

Transcendental Flight

Die mens is verslaaf aan klassifikasie en die toewysing van rolle. Sodra mens iets netjies kan liaseer laat dit mens veilig voel. Maar dan moes hierdie vis mos nooit vlerke gegroei het nie, moes hy gelukkig gewees het dat hy gemaak is om in water te leef en daarmee basta. Is hierdie manier van lewe noodwendig altyd goed? Is dit nie beter om situasies te transendeer nie? Om bo die sinnelike uit te styg nie? Die sterrehemel in die agtergrond is ‘n interpretasie van die zefirot uit die Joodse mistisisme genaamd Kabbala. Dit verteenwoordig ‘n leer van ervarings waar die individu telkens ‘n krisis in terme van sy ontwikkeling beleef. Dit simboliseer ook die behoefte van die individu om sy eie ster te volg.