© 2009 Theo Kleynhans
Waters Of Life

Waters Of Life

In die werk gebruik ek die kaart Temperance of Matigheid uit die Rider-Waite Tarotsuite. Die engel is besig om die waters van die bewuste oor te skink na die onderbewuste en weer terug. Hierdie ewige siklus van verandering word weer na verwys in die triskelion of driebeengolf in die sirkel wat as spookbeeld agter die kaart aangebied word. Die lewe is ‘n golf wat heen en weer spoel.