© 2009 Theo Kleynhans
Valour

Valour

Ek onthou hoe ek as jong seuntjie nogal skrikkerig was om van die hoë duikplank af te spring en hoe ek later jare gemaklik geduik het. Lere is belangrike simbole in my werk en verwys altyd na strewe of selfverbetering. Maak nie saak op watter trap van die leer jy gebore word nie, net jy kan besluit of jy op of af gaan klim. Papierbootjies verteenwoordig die verlies van onskuld. Dit spreek die vlietende aard van ons ervarings aan, waar mens ‘n bootjie sal vou en laat vaar op die water tot dit later deurdrenk onder die oppervlak sal verdwyn.