© 2009 Theo Kleynhans
Quench My Soul

Quench My Soul

Wanneer ek lelies in my werk gebruik simboliseer dit altyd die fragiliteit van die siel. Soos snyblomme wat vir ‘n tydperk mooi is en dan verwelk. Almal van ons het nou en dan net ‘n bietjie water nodig om weer te blom, in hierdie geval ‘n klein reënwolkie wat in die lug dryf bokant die swewende blomme. Die spookbeeld van die verdeelde fles in die agtergrond verteenwoordig ook die manier waarop ons ervarings sif en wegbêre. Die klassifikasieproses van herinneringe en die neerslag van ons identiteite.