© 2009 Theo Kleynhans
Fluid

Fluid

Die kurwe van die tuimelaars bo die perd vorm vir my die vloeibare lyn waarin ons ervarings opgedeel word. Ek is ‘n perd volgens die Chinese astrologie wat onder andere staan vir die vermoë om hard te kan werk. Soms probeer mens te hard om jou lewe te bestuur en met hierdie werk spreek ek die vloeibaarheid van prosesse aan. Soms is dit ook goed om saam met die vloei van dinge te beweeg. Daarom ook die gebruik van die bekers waaruit vloeistof loop. Nie net die lyntekening van die twee bekers nie maar, ook die spookbeeld van die groot beker wat agter die perd is. Go with the flow, remain fluid.