© 2009 Theo Kleynhans
New Composition After Hobbema

New Composition After Hobbema

Meindert Hobbema was ‘n Hollandse skilder wat veral bekendheid verwerf het met die skildery getiteld The Avenue. Dit wys basies ‘n laning bome in perspektief met ‘n sentrale verdwyningspunt. Ek verwys tong in die kies na Hobbema se baie bekende skildery maar plaas ‘n nuwe voorwerp in die vorm van ‘n drywende tuinsproeier in die lug. Hobbema het hierdie invalshoek van hierdie bome in hierdie landskap tot vervelens toe oor en oor geskilder omdat die publiek altyd die skildery gekoop het. Soms raak ou idees verstok en het dit iets nodig om weer lewe in dit te blaas.