© 2009 Theo Kleynhans
Libation

Libation

In die ou tyd het die gebruik bestaan dat mens altyd ‘n bietjie water op die grond uitgooi nadat jy by ‘n fontein of ‘n put gedrink het om dankie te sê. Hierdie oplettendheid kweek respek vir die natuurlike hulpbronne en is ook ‘n klein afskynsel van die groter natuurlike vloeipatrone. ‘n Klein drankoffer is ook somtyds aan die gode gemaak.